Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Sunday, January 29, 2023

Nieuwoudt.


Petrus Smit (16.2.1857-23.8.1937) my Oupagrootjie en sy vrou Anna Catharina Nieuwoudt (25.10.1863- 7.7.1906) Foto Die foto is gerestoreer en gekleur deur "Restoring and Coloring Old Family Pictures", 'n groep op Facebook.

Nieuwoudt (Nederland)

Isaak Nieuwout (Niewout), SV/PROG was my 6de Oupagrootjie.

‘Geslagsregisters van die Ou Kaapse Families’, deur C.C. de Villiers, en C. Pama, 1966 Isaac

NIEUWOUDT (* Holland), van Amsterdam “kwam naar Zuid-Afrika als weduwenaar en hertrouwde Anna van Wijk”. Sy aankoms aan die Kaap was omstreeks 1716. Blykbaar kon hy eers trou nadat hy in 1723 burgerskap ontvang het in Drakenstein. Nieuwe Woudt is ʼn pleknaam naby Groningen, Holland. Hy was soldaat en later chirurgyn x Kaapstad Johanna (Anna) VAN WYK (≈ 13 Jun 1688), d.v. Willem van Wyk en Catharina Hillebrandt

Skakels:

Ons Nieuwoudt Stamboom.

My Oupa Jan Harmse Nieuwoudt Smit en sy swaer Jan Harmse NIEUWOUDT * April 01, 1862 Calvinia, Namakwa, Noord Kaap, Suid Afrika, 
Circa 1948 Clanwilliam

Ek het fotos van haar broer en familie as iemand belangstel daarin kan hulle my hier kontak.

 

Bladsy een van Plakboek

 

Bladsy twee van Plakboek

TOKELOSHE ©

Saturday, October 16, 2004

Martini Partytjie





Ons was verlede naweek uitgenooi na 'n Martini partytjie, deur 'n vroulike kolega van Mnr. T. Hulle het vir ons 'n E vite gestuur, dit is die eerste keer wat ons so uitgenooi was. Daar was baie mense, hulle doen dit blykbaar elke jaar. Die gashere was baie oulik. Ons het lekker konkoksies uit g-r-o-o-t Martini glase uit gedrink, daar was lekker eetgoed, lekker geselskap, deur die geraas van die musiek, maar wat ek die meeste geniet het, was dat ons baie gedans het, meestal 'n paar vrouens.



Hulle ken baie van die woorde en dan mimiek hulle daarby. Een vrou split en toe split ek ook, ek was verbaas dat ek dit kon regkry, ek het gedink dat ek baie seer sou hê, maar was gelukkig nie. Ons het eers so half drie huis toe gegaan! Daar was meestal Kanadese, maar ook 'n paar ander nationaliteite, almal was so om en by in hulle veertiger jare, daar was 'n paar Saskatchewaners, waarmee lekker gespot was, ons het selfs ge"arm" "wrestle". Ek het gelukkig die kamera gehad. Ek het ongelukkig later die aand in 'n regop staende tande-stokkie getrap, wat in die mat ingeteek het, was dit seer, my voet onder was blou vir 'n paar dae. Dit is gelukkig nou reg.

Sunday, October 10, 2004

Karst





Ons het weer Karst spring toe gestap. Ons het fiets gery tot by Watridge meer, ek was amper pê, ek het 'n jaar laas gery en dit was opdraendes. Ons het 'n Moose by Watridge meer raakgeloop, dit was so gooi afstand van ons af. Mnr.T. kon darem 'n foto of twee neem. Ek sukkel nou ‘n bietjie met my nek, ek dink dit is van die vorentoe kyk op die fiets.






Sunday, August 8, 2004

Marda Gras



Ons was weer by die Jaarlikse Marda Gras Fees in Mardas loop, 'n voorstad van Calgary. Dit is die twede keer wat ons gaan, die eerste keer was toe ons net in Calgary aangekom het in 1998, so dit het baie verbeter. Dit is 'n meer-en-deels 'n straat-mark, hulle maak 'n paar paaie toe en dan is daar stalletjies in die straat. Hulle het ook 'n hele blok gehad vir "Beach Volley ball". Hulle het tonne sand ingery en die mense het op die sand gespeel. Ek het fotos van narre geneem, een was soos 'n "Tramp" aangetrek, hy is 'n ou man, hy het saam met my geposeer. Daar was weer baie mense met honde, die oulikste was 'n Rotweiler reun wat Mardas Gras beads gedra het.

Marda Gras

Sunday, June 6, 2004

Sarnia


Mnr. T. was Sarnia, Ontario toe vir besigheid, hy neem baie mooi fotos, wat ek baie geniet, dan kry ek ‘n idée van hoe dit daar lyk en wat hy doen.

"The City of Sarnia is a municipality of approximately 70,000 people situated on the south shore of Lake Huron at the headwaters of the St. Clair River. Sarnia is also one of Ontario's principal gateways to the United States."

Sunday, May 30, 2004

Lilac Fees






"Miss Loosie is Cheryl Oberg, a talented face painter, balloon-artist, educator, storyteller and humor therapist.
Clowning for 15 years, Miss Loosie appears throughout Alberta sharing her smiles, talents and charm."
Read more about Miss Loosie on her website.


Ons was weer by die jaarlikse Lilac Fees, die weer was nie so warm soos laas jaar nie, maar ons het dit nogmaals geniet. Daar was ongelooflik baie mense met honde.

"On the last Sunday of May it seems like everyone in Calgary is on Fourth Street for the city's largest street festival. The mayhem begins at noon with a parade, the street is jammed with street performers, local musicians, face-painted children, dog-walkers and drumming hippies until the festival ends at 5pm. Local artisans ply their wares on street-side tables and the neighborhood's many restaurants offer food samples to the hungry crowds. This is a free event."



Nog fotos van die Lilac fees

Sunday, February 15, 2004

Allen Bill Pond




Ons het weer Elbow Valle toe gegaan, om fotos te neem van die gevriesde waterval. Ek het op Allen Bill Pond geskaats, (Plus 4 °C) maar dit het maar moeilk gegaan want ek het lank laas geskaats. Ons het warmer weer gehad. Ons het ys syle en ys vissermanne op Ghost dam gesien, daar was selfs mense wat met 4 x 4’s op die gevriesde dam gery het. Ons het dit gelukkig nie probeer nie, want waar hulle op die ys klim, het dit gelyk asof ‘n paar voertuie deur die ys geval het.

Tuesday, August 19, 2003

Ha Ling Piek


Op 'n bewolkte Saterdag is ons na Ha Ling Piek toe, naby Canmore. Somige van ons vriende het saam gegaan. Dit is so 40 grade klim, met 'n pragtige uitsig tussen die bome deur. Daar was baie ander vriendlike stappers. Na sowat 2 ure het ons terugedraai, want dit het ongelukkig begin reën ( blykbaar het dit bo gehaël) en ons was bang dat die pad te glad sal wees om af te kom, so ons sal weer probeer, want die uitsig van bo is blykbaar fantasties van Canmore en die meer. Toe ons onder kom het dit natuurlik opgehou reën, ons het weer by Buller berg gebraai.

Friday, August 8, 2003

Banff Nationale park

Ons het na Banff Nationale park op 'n heerlike (25 grade) sonige dag gegaan. Ons het eers Lake Louise toe gegaan, daar was nog 'n bietjie ys op die meer. Die meer was nog nie daardie Smaragd groen kleur nie. Daar was toeriste van alle nationaliteite. Ons hond het orals aandag getrek, sy trek mos deesdae serpies aan. Sy wou baie graag swem, maar ons het dit nie toegelaat nie.

Ons is toe weer na Moraine meer toe , waar ek poskaarte gekoop het en ons het koffie gedrink. Ons het voor 'n opgestopte beer geposeer. Daarna is ons Johnston's Canyon toe, waarvan ek julle ook al vertel het. Daar is 'n "Catwalk" langs die rivier. Ek het vergeet hoe melk-wit die water was. Daar was heelwat voet-slaners. Ons het ontspan by Minawanke meer en toe het ons het by Joe's Diner in Banff geeët.

Monday, January 27, 2003

Sneeu-storm

Na die sneeu-storms dan skoffel die mense vir ure om hulle opritte skoon te kry,veral in die dorp is hulle omring deur mure sneeu. Dit lyk soos Gophers wat binne werk, kort-kort sien ‘n mens net ‘n hoop sneeu oor die muur vlieg.

Een dag met ‘n sneeu-storm, moes Meneer Tokeloshe werk toe gaan, hy het met die 4x4 gery. Hy bel toe van die werk af sodat ons hom kan gaan haal, die gebou langs aan hulle was aan die brand en hulle kon nie by hulle karre kom nie. Omdat ons haastig was trek ons nie te warm aan nie. Toe ons langs Windsor meer verby ry is dit ‘n “white out” en daar is geen afdraai plek nie, ons seun wat bestuur het ry al hoe stadiger en sit later vas, gelukkig het ons ‘n graaf in die kar gehad, maar met die sneeu was dit 'n onmoontlike taak. Daar is nie eers aftrek plek nie, ons sit in die middel van die pad, met “hazard warning" ligte aan, gelukkig ry almal versigtig,maar ons was nog benoud. Gelukkig het mense ons uit gehelp en een voertuig het al die pad voor ons gery tot in die stad.

Tuesday, November 26, 2002

Walvisse




Ons het Vrydag middag saam met die werk op ‘n toer boot rit gegaan. (15 º C. geen wind of wolke.) Die “Gatheral’s cat” is ‘n nuwe Catamaran wat meer as ‘n honderd pasasiers kan neem. Ons het vanaf Bay Bulls vertrek, waar ons, ons eerste ysberg gesien het. Omdat die golwe nie groot is nie het ons voor op die “deck” gestaan, terwyl die boot vinnig na “Witless Bay Ecological reserve” toe gery het.

“Home to over 2.5 million seabirds - including 500,000 Atlantic Puffins and the best whale watching in North America. Located just off the coast from Witless Bay are four islands comprising the reserve. They are Gull, Green, Pee Pee and Great islands. Here is the largest Atlantic Puffin colony in North America and the second largest Leach's Storm Petrel colony in the world”.


Die gids het grappe vertel, ons meer vertel van die rit en ons laat sing en hande klap op die maat van Newfoundland musiek terwyl ons na die reserwe toe gery het. Die horison is vol voëls, maar die oulikste is die Puffins, hulle is kleiner as wat ek verwag het, maar hulle vlieg hulle boude af. Hulle vlerke klap 300-400 keer per minuut. Kort-kort duik een sommer voor die boot die water in. Die Atlantic Puffin is Newfoundland se nationale voël. Hulle het darem die musiek afgesit en stadiger gery toe ons nader kom en “spouts” sien op die horison en Minke walvisse wat in die water swem. “Minke whales grow to be about 25-30 feet (7.8-9 m) long, weighing about 6-7.5 tons (5.4-6.8 tons). Females are about 2 feet (0.6 m) longer than males, as with all baleen whales”.

Ons was omring deur ‘n “pod’ van Humpback walvisse, hulle spuit so 3 M in die lug in op. Dit is die eerste keer in my lewe dat ek so naby aan sulke groot walvisse was. So ek was baie opgewonde. “Humpback whales grow to be about 52 feet (16 m) long, weighing 30-50 tons (27-45 tonnes). The females are slightly larger than males, as with all baleen whales. The four-chambered heart of the average humpback whale weighs about 430 pounds (195 kg) - about as much as three average adult human beings. Newfoundland has the world's largest population of Humpback whales.”. Hulle beweeg baie grasieus , die “blowhole” is so groot dat ‘n mens jou vuis daarin kan afdruk. Hulle het ongelukkig nie ge”breach” nie, maar ons het sterte en vinne gesien en kon hoor hoe hulle blaas. Ons toergids het gesê hulle is weifies. Ons het toe nader aan die land gery na Fox island by Tors Cove waar daar nog ‘n “pod” was. Die Walvisse en Puffins eet Caplin, ‘n klein vissie, soos sardiens. Walvisse kan hier gesien word tussen Junie en Augustus (Somer). Die son het begin sak en ons het ‘n mooi sons-ondergang gesien. Op pad terug het die maan ook uitgekom en toe ons in die baai kom, kon ons al die eerste sterre sien. Die rit was 90 minute lank.

Ons het toe opgewarm om ‘n “bonfire” en die res van die aand was baie gesellig. Die mense het malvalekkers, worsies, ens. gebraai. Hulle neem “Graham” koekies, dit is soos ‘n tennis beskuitjie, sit ‘n malvalekker daarop , strooi “chock chips” bo-oor, draai dit in foelie toe en maak dit warm oor die kole. L-e-k-k-e-r !

Sunday, November 3, 2002

Bowring park

Ons het weer Bowring park toe gegaan om herfs-blare te sien. Dit was‘n heerlike dag, ons was ongelukkig ‘n bietjie laat, die son het al skaduwees gegooi. Ons het ‘n bietjie gesit by die Pan beeld, wat pragtige detail het van muise, hasies, feëtjies ens. Somige plekke is blink soos die kinders daarop klim .

Friday, November 1, 2002

Bay Bulls Lugtoring



Ons het op “Armistice” dag (12 ºC.) na die Lugtoring naby Bay Bulls gestap wat ook deel is van die East Coast trail. Dit is verder as waar ons, ons eerste ysberg gesien het.
Dit het ons sowat 4 ure geneem om die 8 km te doen. Dit was ‘n heerlike 12 grade, alhoewel mistige dag. Daar is pragtige baaie ( coves) en rotse. Ons het ander vriendlike voet-gangers tee gekom. Dit is nie ‘n plek om te stap as jy hoogte vrees het nie, die afgronde is fantasties. Daar is blykbaar see-rowers wrakke in Bay Bulls Baai.

Die verlate lugtoring staan op die rotse by 'n afgrond, dit het nie meer 'n gebou nie alhoewel daar ou fondasies naby is. Die onderste deur staan permanent oop want dit is geroes, so ons kon binne in en op met die leertjie. Bo was ook 'n deur waar ons kon uitgaan. Die uitsig van bo af was baie mooi. Ons het almal binne in die lugtoring gesit en ons middag ete geeët en gerus, beskut uit die wind. Die lugtoring was in 1908 gebou. Daar is heelwat fotos op die net daarvan. Ons kon Gull Island van daar af sien. Dit behoort 'n goeie uitkyk plek te wees vir Walvisse en ysberge.
Ons het 'n ander pad terugekom wat effens makliker, maar baie nat was, Die honde was vol modder, maar hulle het dit baie geniet en was ook poot-uit

Blast Hole Pond


Ons het na die waterval naby Blast Hole pond gevoetslaan op “Thanksgiving day”, dit is waar ons, ons eerste “Pitcherplant” gesien het. Dit is naby Portugal Cove. Dit het ons sowat 6 ure geneem, om 7 km te stap, want ons het heelwat fotos geneem en die pad is vol op en afdraandes. Die boek sê “strenous’ & “allow 4 hours”. Dit was ‘n bewolkte plus 10 grade, wat goeie weer is vir ons, want daar was nie wind nie. Daar was nog Blueberries, vier-voet het nou slim geword en eet daaraan. Ons het dit uitputtend gevind, seker omdat ons lanklaas gevoetslaan het, self die honde het moeg geword. Ons was so 200’ en toe val dit skielik so 100’ na die waterval. Dit was baie mooi, want die waterval val in die see in, maar die afgrondes is gevaarlik. Die uitsig na P.C, Conception Bay, Bell Island en die “ponds”, was mistig maar mooi. Die herfs-kleure was baie mooi.

Dit is in die meer waar Nathaniel Picco tragies verdrink het in 1897, met ‘n honde slee op die ys. Sy graf is in die begrafplaas by P.C.

Thursday, October 17, 2002

Burgerskap seremonie


Ons seremonie was aangenaam, hulle hou dit eers weer in die lente hier. Ons het in “City Hall” bymekaar gekom, daar was so 30 nuwe Kanadese Burgers van alle nationaliteite ; Nigerie, Holland, Jamaica, Japan, Sjina , Rusland, ens. Familie en vriende was ook toegelaat. Op almal se stoele was ‘n Kanadese vlaggie , volkslied, en borspeld, somige kinders het die vlaggies gesit en waai tydens die seremonie wat so ‘n uur geneem het. In een toespraak het ‘n meisie van Jamaica gesê: ” Newfoundland is cold , but the people are warm”. Ons is almal gelyk ingesweer, sommer in Frans ook, maar ons het vorentoe gegaan om ons sertifikate en ‘n geskenk-pakkie te kry. Ons het Kanadese T- hempde, ‘n boek , “Charter of rights and freedoms” en sertifikate gekry. Ons het “Oh Canada “ gesing, maar toe dit by die gedeelte kom wat ons nie ken nie, was die video kameras op ons. Die media het onderhoude met somige mense gevoer. Ons het ons fotos geneem voor die Kanadese vlag, saam met ‘n “Mountie”. Die verversings was lekker. Op pad uit sien ek ‘n groot stoel en poseer toe gou daarop. Vol-bloed Kanadees

Monday, June 24, 2002

Bell Island


- The Belle of the Bay

“Bell Island is the largest of several islands in Conception Bay, measuring about 9 km by 3.5 km. Conception Bay is one of many bays around the Avalon Peninsula at the eastern end of the province. It's a 20-minute drive from St. John’s to the ferry terminal at Portugal Cove, then a 20-minute ferry ride to Bell Island.”

Ons het Bell Island besoek op ‘n bewolkte 12 grade C. Die ferrie; M.V. Flanders wat elke 20 minute van Portugal Cove vertrek en 20 minute neem was $4 p.p. retoer. Dit al klaar was die moeite werd om Portugal Cove en Conception Bay van die see af te sien. Ek het die eiland baie platte-lands gevind, die moeiste was om al langs die kus te ry. Die eiland is so 200 ‘ bo seespiël met steil afgronde.

Behalwe vir die ou yster-erts myne, lugtoring, see wrakke ens. het ek die “sea stacks” of “chimneys” die interesantste gevind.

Die dorpie Wabana is ‘n Rooihuid woord wat ” Place where the dawn first shines” meen.

“Because erosion occurs at various rates depending on rock type and wave movement wave-cut platforms can also form sea stacks. These are spectacular coastal landforms are isolated pinnacles that can reach towering heights. They are formed from coastal rock that is more resistant to some surrounding rock. Shoreline that is chiseled away by wave action can end up separated from the mainland causing sea arches, which erode to become sea stacks. Arches and stacks are impermanent formations since continued erosion will eventually wear them down to nothing.”


Die grond naby die lugtoring is onstabiel en ‘n mens word gewaarsku om nie naby aan die afgronde te kom nie. Daar is voëls op die “stacks”.

“Bell Island was the only place in North America to have seen enemy action in World War II. The pier where 80,000 tons of iron ore was stored for shipping was torpedoed by German U-boats in 1942. At low tide you can see the relics of the 4 ships that were sunk.”

Tuesday, May 14, 2002

Bell Island

The Belle of the Bay

“Bell Island is the largest of several islands in Conception Bay, measuring about 9 km by 3.5 km. Conception Bay is one of many bays around the Avalon Peninsula at the eastern end of the province. It's a 20-minute drive from St. John’s to the ferry terminal at Portugal Cove, then a 20-minute ferry ride to Bell Island.”

Ons het Bell Island besoek op ‘n bewolkte 12 grade C. Die ferrie wat elke 20 minute van Portugal Cove vertrek en 20 minute neem was $4 p.p. retoer. Dit al klaar was die moeite werd om Portugal Cove en Conception Bay van die see af te sien. Ek het die eiland baie platte-lands gevind, die moeiste was om al langs die kus te ry. Die eiland is so 200 ‘ bo seespiël met steil afgronde. Behalwe vir die ou yster-erts myne, lugtoring, see wrakke ens. het ek die “sea stacks” of “chimneys” die interesantste gevind.

Die dorpie Wabana is ‘n Rooihuid woord wat ” Place where the dawn first shines” meen.

“Sea stack” of “chimney” “Because erosion occurs at various rates depending on rock type and wave movement wave-cut platforms can also form sea stacks. These are spectacular coastal landforms are isolated pinnacles that can reach towering heights. They are formed from coastal rock that is more resistant to some surrounding rock. Shoreline that is chiseled away by wave action can end up separated from the mainland causing sea arches, which erode to become sea stacks. Arches and stacks are impermanent formations since continued erosion will eventually wear them down to nothing.”

Die grond naby die lugtoring is onstabiel en ‘n mens word gewaarsku om nie naby aan die afgronde te kom nie. Daar is voëls op die “stacks”.

“Bell Island was the only place in North America to have seen enemy action in World War II. The pier where 80,000 tons of iron ore was stored for shipping was torpedoed by German U-boats in 1942. At low tide you can see the relics of the 4 ships that were sunk.”

Wednesday, April 3, 2002

Sneeu-storms

Ons het ons tweede sneeu-storm gehad vandat ons hier is en moes‘n “snow-blower” koop om die oprit mee skoon te maak. Die besighede en skole was gesluit vir die dag want ons het ‘n “snowday” gehad. Dit was handig dat die mans by die huis was, want ons het so baie om te doen. Ons het geleer om ons karre soos Kluisenaars-krappe agteruit in te trek om makliker uit te kom.

Thursday, September 6, 2001

Rawson meer, 9/6/01


Verlede Saterdag het ons op ‘n stap van +- 6 myl gegaan. Dit is waar Mnr. T. gaan “Snow shoe” het. Dit is die Rawson meer voetslaanpad, ‘n mens kan nie by die meer uitkom met ‘n motor nie. Die stap begin langs Kananaskis meer en volg daarna ‘n styl 45 grade klim. Dit is sowat ¾ uur van Calgary af. Ons het rug-sakke gehad met warm/ waterdigte klere, kos, water, kamera ens. Ons het gelukkig albei met loop-stokke gestap, Mnr.T. het syne gemaak sodat dit ook ‘n “Monopod” is vir sy kamera.

Die weer het pragtig begin, ons het in T-hemp en kort broek gestap en selfs begin sweet. Gelukkig was dit bewolk en tussen die bome. Ek moes kort-kort asem skep. Op pad het ons fotos geneem van Rawson waterval, wat klein is, maar nog gedeeltelik gevries is, sodat die dik ys onder aan die hout brug vas sit. Daar was ook ‘n hout paadjie van so 1 kilometer, waarvan hy nie eers geweet het nie, omdat dit laas deur sneeu bedek was. Hoe hoër ons gegaan het hoe koeler het dit geraak, sodat ons later deur meer as ‘n voet diep sneeu gestap het. Ek het nie waterdigte stewels gedra nie, so my skoene en sokkies het nat geword. Lessie geleer.

Rawson Meer. Die meer, +- 200’, was gedeeltelik gevries, met die Sarrail berg, +-3000’ en glêtser agter, dit was pragtig en die moeite werd. Daar was ‘n ligte reën, so ons het warmer aangetrek en lekker daar bo geëet. Die afdraende was makliker, maar hard op die knië Dit het ons so 3 ½ - 4 ure geneem. Daar was ‘n paar ander gesellige voet-slaners, o.a ‘n Engels man van JHB. Ons het ‘n eekhoring gesien en voëls gehoor. Daar was baie mos en ou bome. Op pad huis toe het ons bokke teë gekom. Ons het ‘n lekker bier, “Vodka cooler” en tee gedrink by die Kananaskis Lodge, saam met ander nat voet-slaners, by daardie tyd het dit gesous.

Tokeloshe

Sunday, July 1, 2001

Canada Day

Verlede naweek was‘n lang-naweek, Sondag was Canada Day en meeste mense het Maandag afgekry. Sondag was ‘n pragtige dag. Onshet met die kanoe die Bow rivier af gevaar, van Bow ness park in die noorde van Calgary, tot by die dieretuin. Daar is ‘n “weir”.

Naby Bowness is pragtige huise op die oewer, orals langs die rivier het mense gedraf, fiets gery, gestap en ge- “Roller-blade”. Die stad lyk heel anders van die rivier af. Daar was heelwat kanoes, selfs mense met “tubes”. Ons het baie Seemeeue, ganse en baie vriendelike mense gesien. By Princess eiland was ‘n partyjie, mense het vlaggies in hulle hoede gehad, geverf op hulle gesigte en somige het selfs ‘n groot vlag soos ‘n “cape” gedra. Ons het gesonbrand, ten spyte daarvan dat ons sonbrand-room aangehad het.

LinkWithin

Related Posts with Thumbnails